Amor Vittone het die tonge aan die gons gehad toe sy ‘n Instagram-plasing gemaak het waar sy langs die modeontwerper, Diaan Daniels, staan.
Sy het by dit geskryf: “@diaandanielscouture, cant wait … ☺️ more is die musiek toekennings aand 😘”
Amor het onlangs “Instagram official” gegaan met haar nuwe kêrel, die plastiese chirurg, Charles Serrurier.
Marlene Steyn het haar gevra: “trou jy?”, waarop Amor geantwoord het: “nee”.
Karen Helberg het geskryf: “Jy gaan ‘n stunning bruid wees”.
Helen Viviers het gesê Amor verdien net die beste, terwyl Hester Reinker gesê het dit is nou tyd dat die trouklokkies lui.
Volgelinge van Amor sal dus nog ‘n bietjie moet wag, want die rok is eintlik net vir die musiektoekenningsaand.



