Kaptein Rudolf Erasmus het ‘n onaangename verrassing gehad toe hy skielik tydens ‘n vlug agterkom dat hy en sy passasiers ‘n Kaapse kobra as geselskap het.
Brian Emmenis, die direkteur van Capital Sounds International Broadcast, sê Erasmus is die vlieënier van Beechcraft Baron ZS-JYD en wat as ‘n normale vlug begin het, het vinnig gesorg vir ‘n noodlanding in Welkom.
Hulle was onderweg van Kaapstad na Nelspruit toe Erasmus op 9 000 voet van die slang bewus word.
“I felt a coldness creeping up the back of my shirt.”
Hy het kalm ‘n noodlanding gemaak, waarna hy en sy vier passasiers ná die landing soos blits by die vliegtuig uit is.
Johan de Klerk, ‘n slanghanteerder, en Brian Emmenis is na die toneel ontbied.
Emmenis sê mieliemeel is gestrooi om die slang uit te lok, maar hy wil waarskynlik as gevolg van Welkom se koue nog nie uit nie.
Kaapse kobras is een van Afrika se giftigste slange. Hulle gif is neurotoksies wat die senuweestelsel aantas.
Rudolf Erasmus het die voorval soos volg beskryf:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



