Die grootste toerskip ter wêreld, Queen Mary 2, het Maandagoggend in Durbanhawe, KwaZulu-Natal gedok.
Tourism KwaZulu-Natal het op hul Facebook-blad gesê die bemanning en 2 000 passasiers aan boord van die skip sal deur die provinsie toer.
Vanaf Durban sal die weeldeskip na Port Elizabeth vaar, voordat dit oor minder as 20 dae weer in Southampton sal aankom.
Die Queen Mary 2 is die wêreld se enigste seevaartuig (ocean liner) tans in gebruik. Dit is ‘n skip wat hoofsaaklik op see en oor oseane vaar.
NSRI het die Queen Mary 2 die hawe in vergesel.
Sosiale media wemel van foto’s en video’s van hierdie majestueuse skip wat Suid-Afrika tans aandoen.
Mxolisi Kaunda, burgemeester van Durban, het volgens Durban News ‘n geskenk aan Andrew Hall, die skeepskaptein, oorhandig.
Op 21 Maart is die volgende plasing op die Queen Mary 2 – The Last Great Ocean Liner Facebook-blad gemaak:
It is 20 years ago today that Queen Mary 2 was floated out of her building dock! 20 years old already where did that time go?! She is nicknamed the “Billion dollar Ship” as she cost close to a billion dollars to build, her design pushed boundaries that were thought to be impossible. Her promenade and lifeboat decks were placed significantly higher than a regular cruise ship to protect them from damage from rogue waves, and her hull is thicker than her fleetmates. This all adds up to the last greatest ocean liner ever designed and built! I adore her and I hope you all feel the same too here’s to another 20 years sterling service ❤️ -Rob-
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



