Nog niemand in hegtenis vir polisiebeampte se moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man glo in Bethelsdorp-nagklub vermoor

Nog niemand is in hegtenis geneem vir die moord op ’n polisiebeampte wat doodgeskiet is toe hy en sy kollega Maandag reageer het op moontlike dieseldiefstal by ’n myn in Mpumalanga.

Die Valke-woordvoerder in Mpumalanga het gesê lede van die misdaadintelligensie-eenheid het inligting ontvang dat daar diesel gesteel word by ’n myn naby die N4. Die beampte het sy kollega gekontak en hulle is saam na die myn.

Hulle het op pad soontoe op die trok afgekom wat hulle gesoek het en dit voorgekeer. Drie mans het glo op die polisiebeamptes begin skiet. Een polisiebeampte is noodlottig gewond en sy kollega is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Drie pistole met 25 rondtes ammunisie en vyf selfone is op die toneel gevind. Die Valke het gevra dat enigiemand met inligting na vore moet kom.

Bronne: IOL The Citizen, New Times LIVE

Lees ook: Man glo in Bethelsdorp-nagklub vermoor