Vermoorde eThekwini- munisipale werker begrawe

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Durbanse burgemeester veroordeel moord op munisipale werker

Luyanda Cele, ‘n intern by die eThekwini-munisipaliteit se eenheid vir gesondheid en veiligheid, is Vrydag op uMlazi KZN begrawe.

Haar verminkte liggaam is verlede maand by South Beach naby die Metro Lodge gekry na sy as vermis aangemeld is. Sy is laaste gesien deur haar kollegas toe sy om 16:00 haar werk verlaat het om drankies te gaan koop.

Nog niemand is vir Luyanda se moord in hegtenis geneem nie en geen motief is nog bekend nie.

Die burgemeester van eThekwini-munisipaliteit het die begrafnis bygewoon en gesê hulle wil antwoorde hê oor wat met haar gebeur het.

Bronne: IOL, ECR, MSN, Press Reader

Lees ook: Durbanse burgemeester veroordeel moord op munisipale werker