Tweede en derde seisoen van Monster-reeks beplan

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuwe Netflix-reeks Monster: The Jeffrey Dahmer Story, was in September verlede jaar vir ‘n tyd lank nommer een op die stromingsdiens nadat dit bekendgestel is.

Nou kan Netflix-gebruikers uitsien na ‘n tweede en derde seisoen wat ander obskure persone wat ‘n merk in die samelewing gelaat het, bekendstel.

Die reeksmoordenaar Jeffrey Dahmer het tussen 1978 en 1991 ten minste 17 seuns en mans vermoor en van sy slagoffers geëet.

Twee van sy slagoffers wat oorleef het, het kommentaar op die reeks gelewer.

Preston Davis (63) sê hy dink die vervaardigers het hul goed van hul taak gekwyt. “Ek dink hulle het ‘n goeie werk gedoen. Dit het my nie getrigger nie.”

“Ek het met terapie beter geraak. Ek voel nou meer empatie en simpatie met die slagoffers se families.”

Davis is in 1979 in die weermag deur Dahmer bedwelm en aangerand. Hy sê die enigste rede waarom Dahmer hom nie vermoor het nie, is omdat hulle toe in België was en na Duitsland moes terugkeer.”

Billy Joe Capshaw, wat seksueel deur Dahmer aangerand is toe hy 17 jaar oud was, sê die reeks het verskriklike herinneringe teruggebring. “Ek is deur hel in my lewe as gevolg van hierdie een mens.”

Rita Isbell, die suster van een van Dahmer se slagoffers, Errol Lindsey, sê dis vir haar hartseer dat “hulle geld maak uit die tragedie”. Sy sê ook dat sy nooit gekontak is in verband met die reeks nie.

Dahmer se slagoffers was merendeels swart en hulle ouderdomme het gewissel van 14 tot 33 jaar oud.

Dahmer is in 1994 in die gevangenis vermoor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel