Twee seuns sterf aan hondsdolheid in 2023

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kind (5) sterf aan hondsdolheid in KwaZulu-Natal

Twee seuntjies van Limpopo en KwaZulu-Natal het in 2023 aan hondsdolheid gesterf.

Die NICD het gesê die eerste geval van hondsdolheid is in Februarie in Limpopo aangemeld. Die seun (2) is in Desember 2022 deur ’n hond in die gesig en nek gekrap. Op 17 Februarie het hy simptome van hondsdolheid getoon. Hy is tien dae later oorlede. Die nadoodse ondersoek het bevestig die oorsaak van dood was hondsdolheid.

Die tweede geval was in Maart in KwaZulu-Natal. Die seun (5) is oorlede na hy simptome van hondsdolheid getoon het. Dit is onbekend wanneer hy met die hondsdol dier in aanraking gekom het. Die nadoodse ondersoek het die oorsaak van dood as hondsdolheid bevestig.

Nie een van die seuns het behandeling ontvang ná die kontak met die diere nie.

Bronne: IOL, Flipboard, VN Explorer

Lees ook: Kind (5) sterf aan hondsdolheid in KwaZulu-Natal