Man vas nadat hy glo van binne by OTM kontant steel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (34) is Sondagoggend 2 April 2023 in hegtenis geneem nadat hy meer as R100 000 in sy besit gehad het wat hy na bewering uit ‘n OTM in Standerton gesteel is.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê goeie samewerking tussen die polisie en plaaslike sekuriteit in Standerton het tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei.

Tydens die inhegtenisneming is nie net die kontant nie, maar ook ‘n speelgoedvuurwapen en ‘n magasyn in sy besit gevind.

Na bewering het ‘n groep van ongeveer vyf onbekende verdagtes in ‘n pers VW Polo na ‘n Capitec OTM by ‘n inkopiesentrum in Standerton gegaan.

Hulle het “op ‘n manier” toegang verkry na waar die geld binne die OTM was. ‘n Onbekende bedrag geld is uit die OTM verwyder.

‘n Alarm is na ‘n sekuriteitsmaatskappy geaktiveer, wat op hulle beurt die SAPD in kennis gestel het.

Vier van die verdagtes het daarin geslaag om weg te kom.

Die een verdagte wat steeds binne-in was, kon nie ontsnap nie en is aangekla vir huisbraak, sowel as die besit van vermoedelik gesteelde eiendom wat in hierdie geval die kontant is.

Hy sal na verwagting binnekort in die Standerton-landdroshof verskyn.

Polisiebestuur het die arrestasie en terugkry van die kontant verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel