Jong meisie se oplettendheid laat Kaapse kobra veilig van erf verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong meisie van Montagu in die Wes-Kaap se oplettendheid het 20 Maart 2022 waarskynlik gekeer dat iemand deur ‘n Kaapse kobra gepik word.

Gerrie Heyns, die eienaar van “SNAKE LIVES MATTER” sê hy is deur die meisie se ma gekontak wat vir haar gesê het daar is ‘n slang agter op hulle erf.

Die slang is glo vantevore deur verbygangers gesien toe dit hulle erf ingeseil het, maar dit is nie gevind nie.

Die meisie het die slang gesien en vir haar ma geskree om vir Heyns te bel.

Volgens hom het die meisie deurentyd haar oë op die slang gehou.

Haar ouer broer het glo met oorfone in sy kamer na musiek geluister en het nie gehoor toe sy sussie skree nie.

Die honde is onmiddellik weggeneem en vir hul veiligheid toegemaak.

Met Heyns se aankoms het hy ‘n Kaapse kobra in die buitetoilet se hoek gevind.

Hy kon die slang veilig wegneem en niemand is beseer nie.

Heyns skryf die jong meisie se verantwoordelike optrede toe aan skoolbesoeke waartydens leerlinge bewus gemaak word van die natuurlewe.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel