Enoch Godongwana, minister van finansies, het op 31 Maart in die staatskoerant die vrystelling van Eskom HOLDINGS SOC Ltd vir die openbaarmaking van enige onreëlmatighede en vrugtelose, asook verkwistende uitgawes wat tydens die finansiële jaar in die jaarverslag verskyn, gepubliseer.
Me. Cleopatra Mosana, woordvoerder vir die minister van finansies, het aan FiND iT bevestig dit is inderdaad gepubliseer. “Dit is ‘n vrystelling was op versoek van Eskom.”
Dit is ingevolge artikel 92 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet no. 1 van 1999).
Die periode van vryskelding sluit in die 2022/23, 2023/24 en 2024/25 finansiële jare.
Suid-Afrikaners het op Twitter uitgevaar teenoor die vrystelling, terwyl ander gedink het dit is ‘n vroeë April Fool-grap.
Kleva Black het getweet: “This can’t be constitutional.. removes all accountability.. by the time they are done another R500 billion will be gone & we’ll still be stuck with load shedding.”
NW Morrow sê: “Shrouds corruption and mismanagement under a cloak of secrecy….. so unfair on all of us.”
Candice Tanner het gevra of dit ‘n April Fool-grap is.



