Matthew Dreyer (36), ook bekend as Matthew Deejay MD Dreyer, het Vrydag 31 Maart 2023 ongeveer 07:20 vermis geraak.
Hy is laas by sy huis gesien.
Dreyer is geklee in ‘n ligblou denimbroek, ‘n ligblou langmou denimhemp en het sy bril aan soos op die foto’s.
Sy kop is kaalgeskeer en hy het donkerbruin oë. Hy is ongeveer 1.76 m lank en weeg ongeveer 80 kg.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die Kensington-SAPD, ondersoekbeampte Morgan, in kontak kom by 021 594 7020.
Alternatiewelik kan Western Cape Missing Persons Unit NPC gekontak word:
071 639 8344
061 494 2032
067 681 3375
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



