Bakkie rol – 23 persone beseer, waarvan 15 minderjariges

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bakkie het Vrydagaand 31 Maart 2023 in Waterloo, KwaZulu-Natal gerol, wat 23 persone beseer het, waarvan 15 minderjariges is.

Reaction Unit South Africa het ongeveer 19:24 op die toneel aangekom.

Die beseerde persone het aan die kant van die pad gesit.

Daar kon vasgestel word dat ‘n silwer Isuzu-bakkie waarin hulle gery het (skoliere-vervoer) gerol het voordat ‘n silwer Hyundai I10 teen hulle gebots het.

Die insittendes van die bakkie het matige beserings opgedoen en is in privaat hoedanigheid na ‘n hospitaal geneem. Insittendes van die ligte motorvoertuig het nie beserings opgedoen nie.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is nie vasgestel nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel