Apo Whang-Od, wat ook as Maria Oggay bekend is, word is 106 jaar oud.
Hierdie inheemse inwoner van die Filippyne pryk op die voorblad van Vogue Philippines se April-uitgawe wat Vrydag op die rakke verskyn het.
Sy word as die oudste tradisionele tatoe-kunstenaar gereken.
Whang-Od is van ‘n bergdorpie Buscalan.
Sy het bekend geraak toe sy 1000-jaar oue “batok” tatoe-tegniek bemeester het.
Dit is ‘n tik-metode waartydens houtskool, roet en ‘n skerp stok gebruik word.
Whang-Od het die metode op 16-jarige ouderdom van haar pa geleer.
“Apo Maria ‘Whang-od’ Oggay symbolizes the strength and beauty of the Filipino spirit,” het Vogue Phillipines op Twitter geplaas.

Bronne: Vogue Philippines, NBC News en Apo Whang Od-Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



