Kyk: Reeva Steenkamp se ma kom by Oscar Pistorius se paroolsitting aan

Deel hierdie storie / Share this story

Wyle Reeva Steenkamp, se ma, June Steenkamp het al die pad van die Oos-Kaap gekom om die paroolsitting van Oscar Pistorius by te woon, wat indien sy parool toegestaan word, moontlik reeds die naweek vryheid kan ervaar.

In die video wat deur Independent gedeel is, is daar ‘n onderhoud met Tania Koen, die Steenkamps se prokureur. Sy sê dat Barry Steenkamp weens sy gesondheid nie die paroolsitting kan bywoon nie.

Sy sê verder pertinent dat die parool deur die Steenkamps teengestaan word omdat hulle glo Pistorius het nog nie alles vertel wat op die aand van Reeva se dood gebeur het nie en dat hy nie gerehabiliteer is nie.

Nie lank na die onderhoud nie, kan daar kan gesien word hoe June Steenkamp by die Atteridgeville-gevangenis agter in ‘n motorvoertuig in Pretoria aankom en dan vir die media sê dat sy gestres en senuweeagtig is.

Indien jy June Steenkamp wil sien, kan jy rondom 43 minute begin kyk.

Indien jy die onderhoud met Tania Koen wil sien, kan jy rondom 35 minute begin kyk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel