Drie volwassenes en kind (5) met byl doodgekap

Deel hierdie storie / Share this story

Nomantombi Nobanda (69), Thembinkosi Nobanda (42) Nomhayaya Phatekile (38) en Olwande Phatekile (5) is Donderdag 30 Maart 2023 ongeveer 19:00, met ‘n byl te France Locality, in Lusikisiki, Oos-Kaap, doodgekap.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat ‘n vermeende verdagte (24) in sy kamer was terwyl vier familielede, die oorledenes, in ‘n ander kamer op dieselfde perseel gesit het.

Hy het na bewering na hulle toe gegaan en hulle met ‘n byl begin kap.

Hulle het op die toneel gesterf.

‘n Ooggetuie, wat daarin kon slaag om ongedeerd van die insident te ontsnap, asook gemeenskapslede, het die polisie gekontak.

Die motief vir die moorde is tans onbekend en word ondersoek.

Polisielede het die vermeende verdagte onmiddellik in hegtenis geneem en die byl, die beweerde moordwapen, gevind en daarop beslag gelê.

Die vermeende verdagte het vandag op moordklagtes in die Lusikisiki-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel