Motorfietsryer en passasier beseer in botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is in die hospitaal opgeneem nadat die motorfiets waarmee hulle gery het, vanoggend (Woensdag) deur ‘n bakkie in Nylaweg, Canelands KZN getref is.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 06:54 na die toneel uitgeroep. Reaksiebeamptes is met hul aankoms ingelig dat ‘n Big Boy-motorfiets ‘n groen NP 300-bakkie wat besig was om ‘n U-draai te maak, getref het.

Die motorfietsryer en sy passasier is meters die lug in geskiet. Die twee mans het beserings opgedoen en is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel