Een dood, twee ernstig toe voertuig rol en hulle uitskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is dood en twee ernstig beseer toe die voertuig waarin hulle gery het Sondagaand ongeveer 23:33 op die R61 in Three Hills in die KwaZulu-Natalse Suidkus gerol het.

Netcare 911 sê daar is na bewering beheer oor die bakkie verloor, waarna dit gerol het.

Die bestuurder van die bakkie, sowel as twee passasiers, is uit die voertuig geskiet.

Met aankoms op die toneel is drie volwasse mans met ernstige traumabeserings gevind.

Netcare 911, saam met Med-Evac Ambulance Services, brand-en-reddingsdienste, die polisie en verkeerspolisie sowel as die staat se nooddienste was op die toneel.

Al drie beseerdes is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici behandel.

Alhoewel volle resussitasie toegepas is, het een van die beseerdes se toestand vinnig agteruitgegaan en hy het op die toneel gesterf.

Die ander twee is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel