Boer soek ‘n Vrou se Albertus op aanklag van poging tot moord in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die Hantam-boer wat in die maatsoekreeks Boer soek ’n vrou verskyn het, is Maandag op Calvinia in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n plaaswerker omgery het.

Albertus Steenkamp (40) sal binnekort vir’n formele borgaansoek in die hof verskyn, het sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, Woensdag aan FiND iT bevestig.

Steenkamp is Maandag in hegtenis geneem.

Volgens voorlopige inligting het ‘n 22-jarige plaaswerker op Steenkamp se plaas Steenkamp glo gekonfronteer oor ‘n onbetaalde salaris. Steenkamp het glo aggressief opgetree en die plaaswerker weggejaag.

Toe die plaaswerker na bewering die volgende dag teruggekeer het om oor die saak te praat, het Steenkamp hom glo met ‘n paal gedreig.

Die werker het toe glo sy klere en besittings bymekaargemaak en wou “uit vrees vir sy lewe” die plaas verlaat, toe Steenkamp hom in sy bakkie agternagesit en hom glo omgery het.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel