Twee beseer toe vliegtuig val

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ligte vliegtuig het vroeër vandag in Bottelarypad, Kraaifontein, Wes-Kaap geval.

Titanium Securitas het verskeie oproepe vir hulp ontvang.

Die Titanium Securitas- mediese span en verskeie ander rolspelers is na die toneel ontbied.

Met aankoms op die toneel is twee vlieëniers buite die vliegtuigwrak aangetref.

Een was ernstig beseer terwyl die ander een matige beserings opgedoen het.

Beide is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer.

Die ernstig beseerde is deur Air Mercy Service se helikopter na ‘n vlak 1 trauma-hospitaal gevlieg.

Die ander beseerde is per ambulans na die naaste toepaslike mediese fasiliteit vervoer.

Plaaslike owerhede was op die toneel teenwoordig om ondersoek in te stel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel