Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word
’n Nederlandse spermskenker word gedagvaar om te keer dat hy nog kinders kan verwek. Die man (41) van Den Haag was glo vir die verwekking van minstens 550 kinders dwarsoor die wêreld verantwoordelik.
’n Vrou wat in 2018 sy sperm gebruik het om ’n kind te hê, het die dagvaarding met die Donorkind Foundation, ’n organisasie wat veg vir die regte van skenkerkinders, begin. Die vrou het gesê sy sou nooit sy sperm gebruik het as sy geweet het hy het al soveel kinders verwek nie.
Die Hagenaar, genaamd JonathanM in die media, het by minstens 13 klinieke in Nederland en oorsee sperm geskenk. Die reël is dat een mens net genoeg sperm kan skenk vir 25 kinders of vir 12 families.
JonathanM het glo sy sperm onwettig verkoop deur sosiale media nadat hy in 2017 in Nederland op die swartlys geplaas is toe dit uitkom dat hy reeds meer as 100 kinders verwek het.
Bronne: Euronews, Daily Star, Emmanuels Blog
Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word



