‘n Vrou is dood en dertien insittendes beseer toe ‘n taxi Maandagoggend in Prince George-rylaan in Grassy Park in die Wes-Kaap gerol het.
ER24, Metro Ambulance, Metro Rescue and Fire & Rescue het met hul aankoms op die toneel die taxi op sy sy in die middel van die pad aangetref. Verskeie passasiers is uit die taxi geslinger en het naby die voertuig in die pad gelê.
Paramedici het die beseerdes op die toneel geasseseer. Een vrou is dood verklaar. Een man was in ‘n kritieke toestand, en twaalf ander beseer.
Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na hospitale geneem is vir verdere aandag.
Owerhede was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



