Polisie se K9-held Deacon sterf aan diens

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiehond aan die Humansdorp-polisiestasie verbonde is verlede week dood nadat die hond sy hanteerder se lewe gered en ‘n huisrower help vastrek het.

Deacon, ‘n Rottweiler, is ongeveer 07:30 Maandagoggend saam met sy hanteerder, AO Pat le Grange, na ‘n toneel ontbied van ‘n huisbraak wat glo in St Francisbaai plaasgevind het.

Met hulle aankoms op die toneel is AO Le Grange daarvan ingelig dat die verdagtes ‘n dig bebosde area binnegegaan het. Hulle het die verdagtes agternagesit. Deacon het AO Le Grange die bosse ingelei aan ‘n lang leiband.

Sy hanteerder het skielik ‘n gil gehoor en probeer om so gou moontlik by sy hond uit te kom. Toe AO Le Grange opstaan, het ‘n verdagte met ‘n mes op hom afgestorm. Deacon, wat toe reeds gesteek is, het op die verdagte afgestorm om sy hanteerder te beskerm. Die verdagte is in hegtenis geneem. Deacon het toe reeds erg gebloei en is ongeveer ‘n uur later dood.

Deacon was een jaar en nege maande oud en het in Julie 2022 deel geraak van die Humansdorp-

K9-eenheid.

Die 19-jarige verdagte is op aanklagte van huisbraak en die aanval op ‘n polisiebeampte in hegtenis geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel