Huiseienaar in hegtenis toe hy vermeende inbreker in sy huis skiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Huiseienaar is gisteroggend in Kosmospark, Standerton, Mpumalanga, in hegtenis geneem nadat hy Sondagoggend 26 Maart 2023, ongeveer 00:30, ‘n vermeende inbreker binne sy huis betrap en geskiet het.

Die inbreker het in die hospitaal aan sy skietwonde beswyk.

Kasselman Security Services sê die huiseienaar is gedurende beurtkrag, terwyl dit donker was, deur sy honde wat geblaf het wakker gemaak.

Hy het ondersoek ingestel en toe hy sy sitkamer binnegaan, glo gesien hoe die vermeende inbreker sy huis deur ‘n venster binnekom. Hy het toe sy vuurwapen gaan haal en die vermeende inbreker gewaarsku.

Volgens hom het hy drie waarskuwingskote afgevuur, waarna hy die polisie gekontak het. Die polisie, wat besig was met roetinepatrollies, is deur radiobeheer na ‘n klagte van ‘n skietvoorval gestuur.

Die polisie het nooddienste na die toneel ontbied wat die vermeende inbreker na ‘n hospitaal geneem het. Hy het aan skietwonde aan skietwonde aan die regterkant van sy lyf gesterf.

Die huiseienaar is vir moord in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Standerton-landdroshof verskyn.

Kasselman Security Services het ‘n mobiele wageenheid by die huis van die eienaar, wat in hegtenis geneem is, vir veiligheid geplaas, aangesien minderjarige kinders en hul ouer steeds in die huis moes agterbly en na die insident bevrees was.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel