Liggaam van 27-jarige man in rivier gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n 27-jarige man is Woensdagoggend in die Nkomazi-rivier gevind toe die polisie ses dae na sy verdwyning op sy liggaam afgekom het. Dit is vyf kilometer vanwaar hy op 17 Maart verdrink het.

Die man en ‘n vriend het na bewering vir hulle lewens gevlug toe hulle die rivier ingehardloop het.

Een van die twee slagoffers het veilig oor die rivier geswem, terwyl die ander deur die water meegesleur is.

Die polisie ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel