André de Ruyter ‘verdwyn’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Andre de Ruyter van plan om SA te verlaat

Kort na die onderhoud waarin voormalige Eskom-hoof André de Ruyter aantygings van korrupsie en bedrog teen politici gemaak het, het hy van die radar af verdwyn. Twee ministers is aan minister Pravin Gordhan aangemeld vir hulle vermeende betrokkenheid by ’n Eskom-ondersoek na korrupsie.

Die ANC het in Februarie geëis dat De Ruyter binne sewe dae kriminele aanklagtes moet lê met verifieerbare inligting, of hy gaan aangekla word..

Op 28 Februarie het hulle ’n verskoning en terugtrek van sy aantygings geëis, maar dit het nie gebeur nie.

Twee weke gelede het die ANC gesê hulle gaan De Ruyter dagvaar vir naamskending, maar hulle weet nie waar hy is om die dagvaarding op hom te bestel nie.

De Ruyter het in die onderhoud gesê dat hy van plan is om ter wille van sy veiligheid Suid-Afrika vir ’n tyd te verlaat.

Bronne: Daily Investor, BusinessTech, Affluencer

Lees ook: Andre de Ruyter van plan om SA te verlaat