Leon Hefer (59) wat Dinsdag van die Randfontein-area, Gauteng, vermis geraak het nadat hy by ‘n vulstasie gesien is, is dood gevind.
Sers. Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder vir Randfontein, sê lede het vanoggend inligting ontvang van ‘n onbekende liggaam wat gevind is waar dit in ‘n oop veld in Ivory Park, Clayville, Uitbreiding 77, gelê het.
Volgens inligting wat ontvang is, het dit geblyk asof die beskrywing ooreenstem met dié van die gesoekte persoon, Leon Hefer. Lede is na Germiston- patologiese dienste om die liggaam te identifiseer. Daar is bevesig dat dit die liggaam dié van die vermiste Leon Hefer is.
Die voertuig, ‘n silwer VW Polo met registrasienommer XXK 182 GP wat deur die oorledene gebruik was, is nog nie gevind nie.
Die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting kan speurder-sersant Seshoka by 011 414 4329 of 081 783 0704 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



