Reeds ‘n week sedert Riana Pretorius se ontvoering

Deel hierdie storie / Share this story

Dis vandag presies ‘n week sedert die jong biokinetikus Riana Pretorius in Gqeberha ontvoer is.

‘n Losprys van R2 miljoen is vir die vrylating van die ontvoerde Pretorius (26) geëis nadat sy op 16 Maart in Newton Park in die stad ontvoer is.

Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder van die Valke, het die inligting aan FiND iT bevestig. Sy het ook gesê dat twee persone reeds in hegtenis geneem is.

Een verdagte het gister in die landdroshof verskyn. Die 40-jarige Xolisile Rawutini is van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie aangekla.

Die tweede verdagte in die saak het nog nie in die hof verskyn nie.

Mgolodela sal Vrydag weer in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel