Kyk: Steve Hofmeyr stel sy ‘danseres’ Julius Malema bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr het vanoggend sy “danseres” Julius Malema in ‘n humoristiese video bekendgestel.

Die video van Julius Malema wat hande klap op Pampoen word op sosiale media versprei.

“Kom ou dikkes lig daai knieë, klap daai hande.”

Steve brei uit oor die Theuns Jordaan Tribute- en Kiep Moore-konserte waar hy die naweek sal wees. Jy kan raai wat hy van Theuns Jordaan gaan sing

Hy beskryf Maandag as “komatoos”.

Hy en Devon Hofmeyr het gister ‘n lesing van Ernst Roets bygewoon. Dit gaan oor vryheid en die definisie daarvan.

Hy kyk Sky High, maar noem dat draaiboeke in SA geskryf moet word waar moorde van 74 na 82 ‘n dag opgegaan het.

Hy praat verder oor die Murrays wat doodgeskiet is, Amerika se gekheid, rassisme, Donald Trump en soveel meer.

Hy gaan op 20 Mei 2023 10:00 praat op die plek waar die Kerkstraaatbom ontplof het.

“Dit is oop seisoen op fluitjieblasers.”

Kyk die video bo vir nog ‘n boodskap aan Julius Malema.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel