Vrou se verminkte liggaam drie dae na haar verdwyning gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (24) van Durban se verminkte liggaam is op 20 Maart vanjaar op South Beach naby die Metro Lodge in die stad gevind.

Women For Change berig die 24-jarige Luyanda Cele het drie dae voor haar liggaam gevind is, vermis geraak. Sy is laas glo op 17 Maart in Durban CBD gesien.

Cele, ‘n beroepsgesondheid-en -veiligheid intern by die munisipaliteit, het glo aan een van haar susters gesê dat sy laat tuis sou kom en dat sy na werk uit sou gaan. Die persoon saam met wie sy sou uitgaan, is nie aan haar familie bekend nie, berig Women For Change.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel