Twee dood, twee kritiek, nog beseer na bakkie rol

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is dood en ‘n man van ongeveer 50 jaar oud, en ‘n seun van ongeveer 12, is kritiek beseer, terwyl nog agt persone beseer is toe die bakkie waarmee hulle gereis het teen ‘n steil wal langs die P422, Apollonarispad in die omgewing van kwaMakhongwane, KwaZulu-Natal, gerol het.

UEMS is ongeveer 00:15 vir die ongeluk gekontak. Met aankoms op die toneel is slegs die bakkie gevind wat teen die wal af gerol het. Die 10 persone wat agter op die bakkie was, het afgeval en is in die veld gevind.

Die bestuurder van die bakkie en sy passasier langs hom het in die voertuigwrak vasgesit en moes deur ‘n plaaslike soek-en reddingspan uitgehaal word.

Die twee kritiek beseerde persone is gestabiliseer voordat hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die ander agt beseerdes het geringe tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordag hulle vir verdere gespesialiseerde behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

Twee mans het egter aan hul wonde beswyk nog voordat paramedici op die toneel aankom het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel