Man dood, twee beseer toe golwe in Hermanus hulle van rotse vee

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is oorlede en twee beseer nadat hulle gistermiddag ongeveer 17:20 deur golwe van die rotse voor die Windsor-hotel, Hermanus, die see in gevee is.

NSRI-Hermanus se reddingswemmers en polisie is dadelik na die toneel. Die NSRI se reddingsboot Rescue 17 Bravoo is lanseer terwyl die Wes-Kaap se nood- mediese dienste uitgestuur is.

Met aankoms op die perseel is gevind dat twee van die mans reeds daarin kon slaag om die strand te bereik.

‘n Soektog na die ander vermiste man is geloods. Kort na die aanvang van die soektog is hy in die golwe opgemerk en aan boord van die NSRI-reddingsboot aan land gebring. KPR is onsuksesvol op hoim toegepas en hy is dood verklaar.

Die ander twee mans is per ambulans na ‘n hospitaal geneem vir behandeling vir die beserings wat hulle opgedoen het. Die liggaam van die oorledene is aan die departement van gesondheid se forensiese patologiese dienste oorhandig.

Daar word geglo dat al drie die mans Zimbabwiërs kan wees.

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geregistreer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel