Man dood toe metaalstawe op hom val

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is dood toe metaalstawe Vrydagaand 17 Maart 2023 ongeveer 22:50 in ‘n industriële ongeluk in Meyerton, Vaal, op hom geval het. Die metaalstawe is met ‘n vurkhyser op die hoop gelaai, toe daar glo van die stawe op hom geval het waar hy direk agter die hoop gewerk het.

CERT-SA sê met hul aankoms op die toneel het hulle die man, wat nie reageer het nie, agter ‘n hoop metaalstawe gevind.

Die man het ernstige kopbeserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is nie duidelik nie en ‘n polisie-ondersoek is ingestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel