Trientjie Malan deel met ons haar gedig vir Wêreldpoësiedag wat op 21 Maart gevier is.
ek, as ‘n digboeremeisie
boer in my digwoordetuin
waar ek soms met woorde …
…. speel
… skilder
… boer
om nuwe kultivars woorde te teel
tot my gedig begin groei en vloei
wat ek met liefde skryf
met rym
sonder rym
sodat jy my gedig
kan lees
verstaan
en daarvan sal hou
wat ek skryf
met foute…
…en al
in my moedertaal, afrikaans
wat ek graag met my lesers wil deel
waar ek rede vir vrede gevind het
tussen my vleuels van vreugde
van my digwoorde
© Trientjie Malan
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



