Die polisie het gister bewys hulle gaan nie toelaat dat Suid-Afrika onregeerbaar raak deur ’n optog van die EFF nie.
Brigadier Athlenda Mathe, woordvoerder, sê die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) is tevrede met die wyse waarop die
geïntegreerde wetstoepassingsontplooiings hul gesag uitgeoefen het om wet en orde in die land tot dusver te verseker.
Deur middel van sy onderskeie Provjoints regoor die land, het die Natjoints, wat nou saamwerk met verskeie belanghebbendes in die sekuriteitsgroepering, verseker maksimum mobilisering van hulpbronne om polisiesigbaarheid te verhoog met die oog op die voorkoming van dade van wetteloosheid en misdadigheid.
“Ons is verheug om te rapporteer dat die belofte nagekom is aan die inwoners van die land om te verseker dat die maatreëls wat in plek gestel is om besighede en dienste te beskerm, tot minimum voorvalle van misdadigheid gelei het.”
Deur intelligensie-gedrewe operasies word die vinnige reaksie deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander wetstoepassingsagentskappe geprys.
Die sekondêre ondersteuningsrol van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om die werk van die polisie by te staan deur kritieke infrastruktuur soos toegangspoorte, tolpaaie en hawens te beskerm, het ook positiewe resultate opgelewer. Die rol van private sekuriteit in die deel van hulpbronne en as ‘n kragvermenigvuldiger op die grond het ook ‘n groot rol gespeel om te verseker dat wetstoepassingsigbaarheid verhoog word. Deur die SAPD E2 (oë en ore)-projek het die sekuriteitsbedryf hulpbronne en handelsgereedskap aan wetstoepassers beskikbaar gestel.
Lede van die gemeenskapspolisieforums (GPF), buurtwagte en ander gemeenskapstrukture word ook geloof vir hul ondersteunende rol. Die vervoersektor, veral die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO) en National Taxi Alliance (NTI) word geprys.
Die Natjoints maak van hierdie geleentheid gebruik om die betoging wat vreedsaam en ordelik in Pretoria verloop het, te vier. In die res van die land is diegene wat bevind is dat hulle die wet oortree, dienooreenkomstig hanteer, binne die bestek van die wet.
Die Natjoints het om 22:00 op 20 Maart 2023 meer as 550 betogers gearresteer vir onder meer openbare geweld, intimidasie, beskadiging van kritieke infrastruktuur, diefstal en poging tot plundering.
In dié wat in hegtenis geneem is, het Gauteng die hoogste aantal arrestasies aangeteken met 149, die Noord-Kaap het die tweede hoogste getal met 95 arrestasies aangeteken, die Oos-Kaap het ook 80 betogers in hegtenis geneem, gevolg deur die Vrystaat met 64 arrestasies.
Die aantal bande wat regdeur die land gekonfiskeer is, staan steeds op 24 300. Dit was bande wat strategies geplaas is vir dade van misdadigheid.
Ten slotte wil die Natjoints verskeie belanghebbendes van lede van die publiek en die besigheidsbroederskap bedank vir hul samewerking met wetstoepassers om die wet te handhaaf en toe te pas.
Vir hierdie doel sal wetstoepassingsontplooiings voortgaan om die situasie noukeurig te monitor om die veiligheid en sekuriteit van almal in die land te verseker.
Gemeenskappe word aangemoedig om voort te gaan om enige oortreding en verdagte aktiwiteite by hul naaste polisiestasie aan te meld of die misdaadstopnommer by 0860010111 te skakel.



