Man uit Delportshoop se waterreservoir gered

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (19) is Maandag 20 Maart 2023 uit die waterreservoir op Delportshoop in die Noord-Kaap gered.

Lt.kol. Sergio Kock sê die man het glo ongeveer 18:30 in die waterreservoir gespring. ‘n Sekuriteitswag wat op die perseel aan diens was het sy klere en eiendom gesien en die polisie in kennis gestel.

Die Noord-Kaapse polise se soek-en reddinsgeendheid is uitgeroep vir ‘n verdrinking. Kapt. John Seeley, die provinsiale bevelvoerder vir die soek-en reddingseenheid, het van Kimberley af na Delportshop gegaan om met behulp van sy span die reddingspoging uit te voer.

Die man, wat aan ‘n paal geklou het, is deur kapt. Seeley gered. Hy was ongedeerd, alhoewel hy getraumatiseerd was.

Polisiebestuur het kapt. John Seeley en die soek-en-reddingspan vir hul dapperheid en vinnige optrede, wat tot die redding van die man se lewe gelei het, bedank.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel