Anita Erasmus deel met ons ‘n gedig vir Wêreldpoësiedag.
Herfs in haar roesbruin rokkie
met oranje-geel sokkies
het in haar volle glorie
in absolute euforie
kom wys sy is terug
met haar sonnige lag betower sy
speel speel
gly gly
haar trane maak die aarde nat
soms hoes sy alles plat
koulik klem sy haar jas
haar asem blaas die kieme weg
sy bewapen haar vir die geveg
met winter wat gretig wag
hoor jy haar lag
sy is die wenner van die dag
as sy haar baadjie aantrek
bewend die rits toetrek
weet mens en dier
dis geen gier
ook geen plesier
die vuur brand hoog
amper tot in winters se jas
sien jy haar skamerig bloos
sy bêre haar veelkleurige jassie
in die kas
tot volgende jaar moet jy vir haar
wag.
Anita Erasmus
21 Maart 2023
(Kopiereg voorbehou)
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



