Jo-Marie du Preez deel met ons ‘n gedig vir Wêreldpoësiedag wat ons op 21 Maart gevier het.
ɹǝpuo-ste-BO
Ek kan nie die kettings breek
So moenie probeer om mý te oortuig
Ek móét vergeef, vergeet… self my tronk oopbreek
Ek het toegelaat dat jý, my boei en na jou wil buig
my hart rou, seer in my vasgesteek
Dat jy my gyselaar hou
En ek gaan nie meer lieg vir myself en glo
Môre skyn die son weer en die hemel is blou
Ek proe nog bitterbessie, bitter berou
Ek moet my gletserkykers wyd oopskreef,
En wat ander dink maak nie meer saak, want
Toe ek breek, my lag splinterend spat en ek beef
Kon dit jou nie traak
dat liefde stemloos raak,
Ek sal nooit weer blindelings kan glo
Liefde, Hoop en geloof is krag van Bo
Voorgee, swyg… hoe lank moet ek stilbly?
my strydbyl is lankal begrawe om bietjie vrede te kry
As ek in die spieël kyk, weet ek dit is my besluit :
Hoe lank gaan die geweerloop van tyd my nog binne jou toesluit?
* (LEES NOU VAN ONDER NA BO)*
©Jo
Voetnota :
GEDAGTE : In Retrospek (onderstebo) lyk dinge en probleme heelwat anders
****
Dankie Find-it.co.za, Caria vir geleentheid.
Mag die woorde en poësie aanhou inspireer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



