Baba Renier twee maande te vroeg gebore

Deel hierdie storie / Share this story

Baba Renier Ferreira is op 16 Maart 2023 in eMalahleni- privaat hospitaal in Mpumalanga gebore.

Pappa Renier Liebenberg en mamma Shané Ferreira was egter verras toe die kleinding twee maande te vroeg gebore is.

Hierdie premature babaseun weeg 1.5 kg.

Hy is in die neonatale intensiewesorgeenehdi (NICU) waar hy onder sedasie gehou word en behandeling vir sy longe ontvang.

‘n Breinskandering sal vandag gedoen word en daar bestaan ook kommer oor sy suikervlakke wat met tye te laag daal.

Renier word nie deur ‘n mediese fonds gedek nie en na raming is sy hospitaalsorg reeds op pad na R1,4 miljoen.

Mense het reeds hul harte en hande vir die kleinding se sorg begin oopmaak. Iemand het selfs borsmelk aangebied. Indien jy in staat is om hulle te help, kan jy die volgende nommer skakel: 072 159 4981.

Verder vra sy familie vir gebede dat hierdie kleinding binnekort self sal asemhaal en genoegsame gewig sal optel om huis toe te kan gaan.

https://www.backabuddy.co.za/champion/project/renier-liebenberg-5550544670527482346

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel