Sikloon Freddy se dodetal meer as 300 in Mosambiek, 225 in Malawi

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sikloon Freddy terug in Mosambiek, Malawi

Die dodetal deur sikloon Freddy is tans oor die 300 mense, met ’n verwagting dat dit gaan styg terwyl die Mosambiekse regering besig is om die skade en verlies aan lewens te bereken.

Sikloon Freddy het vir ’n tweede keer oor die naweek deur Mosambiek en Malawi beweeg ná dit die eerste keer in Februarie sy opwagting gemaak het.

Freddy is een van die siklone met die langste lewe nog en een van dié wat vir die meeste lewensverlies in Afrika in onlangse jare gesorg het.

Altesaam 225 mense is sover in Malawi dood, met honderde wat beseer is en sommige wat nog vermis is. Sowat 80 000 mense is haweloos as gevolg van sikloon Freddy se strooptog deur dié land

Die president van Malawi het 14 dae van nasionale rou aangekondig en vir internasionale hulp gevra.

Bronne: IOL, SABC, News24

Lees ook: Sikloon Freddy terug in Mosambiek, Malawi