Luister en kyk: Net betyds vir ‘n lekker Saterdag – ‘Klein Botteltjie Groot Gif’

Deel hierdie storie / Share this story

Anzélle is splinternuut op die musiekmark.

Klein Botteltjie Groot Gif is haar enkelsnit debuutvrystelling.

Jy kan hier bo luister en kyk, of die onderstaande skakels volg.

Leozelle Bekker van Universal Music South Africa sê Anzélle is een van die belowendste opkomende kunstenaars in die land.

“Al is sy net 19 jaar oud, het sy dit alreeds reggekry om ‘n groot impak op mense te maak met haar buitengewone sangtalent.”

Klein Botteltjie Groot Gif beloof om luisteraars se voete behoorlik te laat jeuk.

“Die liedjie gaan daaroor dat almal van ons groot drome en doelwitte het wat ons wil bereik en soms voel dit ontasbaar, maar maak nie saak wie jy is of wat jy wil doen of hoe groot of klein jy is nie, jy is groot gif en jy kan altyd jou drome bereik, maak nie saak wat nie. Op ‘n ligter noot gaan die liedjie ook n bietjie oor kuier en om net ‘n lekker tyd te hê saam met al jou gunstelingmense,” vertel Anzélle.

Bekker sê die musiekvideo hou baie verrassings in en sy wil nie te veel weggee nie. Dit gaan die publiek oor en oor laat kyk.

Kyk hier na die musiekvideo – https://www.youtube.com/watch?v=AHLsTNGMCxk

Hoe dink Anzélle gaan die publiek op haar liedjie reageer?

“Ek dink elke mens het sy eie smaak van musiek waarvan hulle hou. Ek het myself belowe al is daar negatiewe kommentaar oor my musiek, sal ek altyd kies om die positiewe te vat.”

Bekker vertel Anzélle was op ‘n punt om haar droom te laat vaar.

Volgens Anzélle is hierdie vrystelling net die Here se genade, want die tydsberekening was perfek en in haar oë kon hierdie nie op ‘n beter tyd gebeur het nie.

Sy is baie lief vir gedigte en poëtiese musiek.

Anzélle sê Danie du Toit van Spoegwolf is een van die kunstenaars wat haar baie inspireer en sy sal nog graag saam met hom wil werk.

“Daar is altyd iets uniek en mooi agter sy lirieke en sy passie vir die verhoog en die musiek wat hy sing, het al soveel mense se denkwyse en lewens verander.”

Bekker vertel bietjie meer oor Anzélle:

Anzélle is tans ‘n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Noordwes waar sy BA Kommunikasiekunde en literatuur studeer.

Op die ouderdom van 10 jaar het sy haar sangloopbaan begin toe sy vir professionele sanglesse by Studio Cha aangesluit het. Chantelle Schutte, haar afrigter, sê dit was Anzelle se stemkwaliteit wat van die begin af uitgestaan het.

In 2014 word sy na Florida genooi om aan AMTC (Actors, Models and Talent for Christ) deel te neem. Sy neem oor jare deel aan talle plaaslike en nasionale sang- en talentkompetisies om haarself verder te ontwikkel. Sy word aangewys as die wenner van die Garsfontein Kunstefees in 2016 & 2019.

Dit is nie al nie.

In 2020 word sy aangewys as PACISA (Performing Arts Community in SA) se algehele wenner en in 2021 wen sy die tweede seisoen van die TV-program – Begin Sing.

Wanneer Anzélle nie besig is om te sing nie, hou sy van fotografie, drama, gym en om gedigte te skryf.

“Ek is baie energiek en ek praat baie. Ek is mal daaroor om saam met my vriende en vriendinne te kuier en tyd saam met my familie is vir my baie belangrik”.

Anzélle is gebore om op die verhoog te wees. Die toekoms lyk blink vir ‘n buitengewone kunstenaar soos Anzélle en veral ook nadat sy aan die einde van 2022 ‘n platekontrak losgeslaan het by Universal Musiek.

Luister liedjie hier – https://anzelle.lnk.to/KleinBotteltjieGrootGif

Vriendelike Groete,

Leozelle BekkerAfrikaans PR & Marketing ManagerUniversal Music South Africa | Johannesburg South Afric

Laat weet gerus wat jy dink.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel