Losprys geëis vir vrylating van ontvoerde Riana Pretorius – twee vas

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Losprys van R2 miljoen is geëis vir die vrylating van die ontvoerde Riana Pretorius (26) nadat sy gisteroggend 16 Maart in Newton Park, Gqeberha, ontvoer is.

Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder van die Valke, het die inligting aan Find It bevestig. Sy het ook gesê dat twee persone reeds in hegtenis geneem is.

Die losprys is van haar familie geëis nadat die biokinetikus gister ontvoer is.

Die soektog na die ontvoerde Pretorius en die polisie-ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel