In ‘n video wat deur Blue Hawk Tactical op hul Facebook-blad gedeel is, kan gesien word hoe ‘n persoon sy eie vullis optel.
Die vooval in die video het op 16 Maart 2023 plaasgevind. Blue Hawk Tactical was bewus gemaak van ‘n persoon wat onwettig vullis in Dewetshof, Johannesburg stort.
Een van hul voertuie wat in die gebied aan diens was, is soontoe. Die persoon is beveel om sy vullis op te tel voordat hy kon ry.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



