Kyk: Adam Tas maak bejaarde (93) se geheim vir ‘n lang lewe moontlik

Deel hierdie storie / Share this story

Twee video’s in berig!

Monica Smith (93) van ACVV Ons Tuiste Bellville het onlangs met ‘n vriendin, Cynthia de Villiers, se groot verjaarsdag op 102 jaar ook háár geheim vir ‘n lang lewe op nasionale televisie met eNuus (eNCA) gedeel.

Sy sê haar geheim is ‘n dop in die oggend en ‘n dop in die aand, maar sy “bid darem eers voor die tyd”.

Adam Tas, sanger, het vir Smith ses bottels Skilpadtepel laat aflewer.

Weereens waar daar ‘n kamera byderhand vir ‘n video.

Smit se reaksie in die video is kosbaar.

Ons doen ons belofte gestand. Hier kry tannie Monica haar ses bottels Skilpadtepel. Dankie William Waugh vir jou mooi daad. Doppie in die môre, doppie in die aand, en ‘n gebedjie.” sê Adam Tas oor die aflewering.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel