‘n Man (43) is Maandag 13 Maart 2023 op ‘n kleinhoewe in Dennydale, Randfontein, Wes-Rand, Gauteng, in hegtenis geneem vir die besit van drie leeus waarvoor hy nie ‘n permit kon toon nie.
Sers. Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder, sê polisielede en eenhede vir veediefstal, natuurbewaring en bedreigde spesies het inligting ontvang wat opgevolg is.
By die gegewe adres is die leeus aan hulle gewys.
Die eienaar was vir meer as ‘n jaar in besit van die twee leeumannetjies en een wyfie sonder die nodige wettige permit.
Hy is in hegtenis geneem.
Enigiemand met inligting van kriminele aktiwiteite kan dit op die MySAPS-toep rapporteer of anoniem op die Stop Misdaad-nommer 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



