Geniet jou naweek – ‘EFF meer blaf as byt,’ meen AfriForum

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Ma (34) en seuntjie (3) sterf toe vragmotor hul stilstaande motor tref

AfriForum is van mening dat die EFF se poging om die hele land op 20 Maart tot stilstand te bring, sal misluk. Die organisasie sê meer as 160 plaaslike buurtwagte is wel op bystand om saam met ander veiligheidsrolspelers gemeenskappe in woonbuurte te help beskerm in gevalle waar daar wel ontwrigtings mag plaasvind.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, is die organisasie se duisende buurtwagvrywilligers gereed om met talle hommeltuie en ’n verskeidenheid van ander veiligheidstoerusting binne die raamwerk van die wet in woonbuurte op te tree, sou omstandighede dit vereis.

“AfriForum-buurtwagte het reeds gebeurlikheidsplanne opgestel en kommunikeer deurlopend met ons netwerk van buurtwagte en ander rolspelers om die situasie fyn dop te hou. Indien gemeenskapslede die situasie in hulle plaaslike omgewing monitor en die areas vermy waar geïsoleerde geweldpleging deur die EFF dalk mag plaasvind, kan hulle soos normaal met hul lewens op 20 Maart voortgaan,” sluit Broodryk af.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, bevestig die blote feit dat die EFF ’n nasionale skoolvakansiedag gekies het om “skole tot stilstand te bring”, dat hulle ’n gebrek aan slaankrag het om wel skole en die res van die land te sluit. “90% van die publiek steun nie die EFF nie en gemeenskapslede van alle kulture het in die verlede tydens onluste in groot getalle teen booswigte in hul eie gemeenskappe opgestaan. Dit gaan op 20 Maart beslis nie goed vir die EFF se gesondheid wees as vredeliewende gemeenskappe hulle onvervreembare reg om hul gemeenskappe en hulself te beskerm teen onwettige aggressie, uitoefen nie,” sê Kriel.

AfriForum het ouers en kinders, wat ’n welverdiende ruskans tydens Maandag se skoolvakansiedag neem, aangemoedig om die langnaweek paraat maar sonder enige vrees te geniet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel