Bittereinders hou opleidingsdag kort voor EFF se beplande nasionale stilstand

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Ma (34) en seuntjie (3) sterf toe vragmotor hul stilstaande motor tref

Dreigemente van geweld, intimidasie en vandalisme word deur die Economic Freedom Fighters (EFF) voor die party se beplande nasionale stilstand op 20 Maart versprei.

In reaksie hierop het die Bittereinders dit goedgedink om ʼn opleidingsdag op Saterdag 18 Maart te hou.

“Hierdie opleiding sal die grondbeginsels van skiet dek (pistole en LM5’e). Ons sal dan ook inleiding tot en ‘n basiese oorsig van skarebeheer doen,” lui ‘n verklaring.

“Enige iemand is welkom, mans, vrouens, jonk en oud. Ons moedig wel meestal jong manne aan om die dag by te woon en bietjie eendersdenkende manne te kom ontmoet!”

Skakel die Bittereinders vir meer inligting.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel