Wykus Lamprecht van Meyerton in Gauteng se pampoen van ‘n allemintige 890 kg is Saterdag as die kampioen op die Goliat van Gat-pampoenfees aangewys. Lamprecht het op Facebook vertel hoe sy liefde vir tuinmaak aangewakker is deur sy kleintydse versorger, Liesbet Kukulu Zulu.
“Die warwoel van emosies lê nog baie hoog op gestoot,” skryf Lamprecht in ‘n Facebook-plasing. “As ek net te diep asemhaal, moet ek keer of die trane wil-wil by die vensters van my siel uitvloei…”
Lamprechts is verlede jaar ook as die wenner van die kompetisie aangewys met ‘n pampoen van 846 kg.
“Nou almal vra; hoekom die naam Liesbet? Waar kom die naam vandaan? Wel in kort, Liesbet was ons bediende toe ons nog kinders was. Van my eerste gedagtes wat ek kan onthou, was toe ek vir ou tannie Bets gevra het of ek ook asseblief n spinasie plantjie kan kry om by die huis te plant. Ek was skaars 3 jaar oud. Liesbet het my altyd met haar kierie beentjies op haar rug gedra as sy vir my en Sinda by ouma Lina gaan haal het.
“Ek onthou dit nog soos gister hoe ek kop onderstebo, terwyl die stront met my baba breins meng, het sy vir my die spinasie plantjie uit geplant en gewater. Dis net daar waar die liefde vir groente groei wortel geskiet het. Daar in die voortuin, agterop Liesbet se rug.
“Later van tyd het ons verhuis en Liesbet kom toe ook saam. En daar onder haar wasgoed lyn – waar Soufie groei – het ons my eerste groente tuin begin! Wortels, uie, beet, boontjies, pampoen en spinasie. Gesondheid so uit die grond uit.
“Liesbet is al so paar jare gelede al oorlede, maar as ek die rook van n mental sigaret ruik dink ek dadelik aan haar en hoe sy ons help versorg het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



