Sers. Ngwenyama Patrick (35) het Woensdag 8 Maart 2023 om ongeveer 08:00 glo eers vir kol. Thaver Seeny (55) in die Bester Brown-gebou in Paul Krugerstraat, Mbombela doodgeskiet en daarna selfdood gepleeg.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die lede het soos normaalweg aan diens gekom. Ongeveer 07:50 het hulle skote gehoor. Hulle het beide die oorledenes op die vloer gekry.
Daar word vermoed dat die sersant eers die kolonel geskiet het, voordat hy homself geskiet het.
Die motief vir die voorval word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



