In ‘n video wat aan FiND iT verskaf is en tans wyd op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ‘n vroulike dokter aan lêers vasklou en aan ‘n tafel hang.
Die reaksie is dat optrede wat in die video weerspieël is, veroordeel word.
Verpleegsters en verpleegpersoneel in Suid-Afrika is tans besig met ‘n staking.
Stakers redeneer luidkeels met die dokter tot die punt waar hulle handgemeen raak en haar met tafel en al begin skuif en aan die bene en arms optel.
Sy beveel hulle om die vertrek te verlaat, maar haar versoek val op dowe ore.
Indien jy weet wie die dokter is en waar die hospitaal is, maak asseblief met ons kontak.
Die vermoede is dat dit óf iewers in Mpumalanga, óf in KwaZulu-Natal kan wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



