Nuhaa Jacobs (3) is Woensdag 1 Maart 2023 om 12:17 op die hoek van Highlandsrylaan en Eislebenweg in Mitchells Plain, Wes-Kaap, raakgeskiet, waarna sy dood is.
Kapt. Frederick van Wyk het die dood van die kleuter bevestig en gesΓͺ Lentegeur-polisie ondersoek ‘n saak van moord en twee sake van poging tot moord.
Na bewering het die 28-jarige bestuurder van ‘n voertuig, waarin hy, Nuhaa en haar ma (25) was, nadat daar op hulle geskiet is, reguit na ‘n hospitaal gery.
Die kleuter is in die kop geskiet en is dood.
Haar ma (25) het n skietwond in haar regterarm opgedoen.
Die bestuurder van die voertuig het skietwonde in sy gesig en skouer opgedoen.
Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.
Die motief vir die skietery is onbekend en is deel van die ondersoek wat voortduur.
Priscilla Baddie Boesak het die volgende boodskap op 1 Maart geplaas met ‘n foto van haar en die kleuter:
My hart is in stukke my kleine flosie is weg om haar in my kleine lyfie in die hospital te dra om haar te hoor hoe sy sukkel om asem te haal maar die here slaap nie vir silke mense nie God is in beheerππππππππ ek het haar lief gehad soos my eie kind sy het nog gister aand gese Aunty Cilla when u get paid please buy me make up and lipstickπππππ Here ek weet u is in beheer mag sy justice kryππππππ My hart gaan uit vir haar mommy en daddy en haar family here maak hulle sterkπππ Rus in vreede Nuhaa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



